%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

thumbnailDie bergagtige kusstrook van Rooi Els, Pringlebaai en Hangklip was 200 jaar gelede nle slegs die woonplek van die Khoi nie, maar van wegloperslawe, gestrande matrose, boewe en avonturiers uit Europese lande. Gruwelverhale van moord en doodslag, maar ook van luilekker lewe in 'n ongerepte paradys, is gelukkig opgeteken en vir die nageslag bewaar.

In die berge langs hierdie stuk kus is daar vandag nog groot hope skulpe te vind - oorblyfsels van die seekos wat die destyde inwoners versamel en gedra het na die grotte wat volop hier voorkom. Dit, saam met gedroogde vis en veldkos, moes hulle aan die lewe hou wanneer storms die kus dae lank geteister het. Ook het baie ontsnapte slawe wat in diens van die V.O.C. was, hier in the berge kom wegkruip, want vars water en kos was volop. Bo van 'n bergtop kon hulle mooi sien wanneer berede soldate van die Kaapse kant af kuslangs op pad was om na hulle to kom seek. Hulle kon dan betyds dieper die berge en onherbergsame klowe in vlug. Ook kan 'n mens jou voorstel hoe die drosterslawe uit hul skuilings met verlanqe oor die see gestaar en gewens het dat van die verbygaande seilskepies hulle na hul land van herkoms saamneem.

Die Khoi en drosters was oor die algemeen vredeliewend, maar daar was ook sterker georganiseerde groepe was strooptogte na die binneland onderneem het. Veewagters van nabygeleë veeposte is vermoor en van die vee is gesteel. Daar was ook gewaagde aanvalle op boereplase van die huidige Overbergstreek. Soms is reisigers in the Hottentots-Hollandskloof (Sir Lowryspas) of in die berge by Houwhoek oorval en beroof. Boere van Stellenbosch of Swellendam het dan ook dikwels kommandos op die been gebring om die drosters uit hul skuilplekke to verdryf, gevange to neem of dood to skiet. Name van die dorpe in the gebied was destyds anders, soos byvoorbeeld Mostersbaai (Strand), Vischoek (Gordonsbaai), Waaigat (Rooi Els), Hanglip (Hangklip) en Baaijvalso (Valsbaai).

En daar was berugte drosters soos Galiepie, Ontokwa, Poenspees en Oepas wat voordurent met een of ander skrikbewind besig was. In die jaar 1782 het drie Hollandse klerke wat moeg geraak het van hul werk in diens van die Kompanje, op 'n dag besluit om to dros en 'n tyd lank avontuur te gaan soek. Al langs die kus het hulle gestap na die berge wat ligblou en wasig aan die oostelike grens van Baaijvalso vir hulle gewink het. By Waaijgat (Rooi Els) het hulle vir hul twee grotte ingerig - die een naby die see en die ander hoog teen die berg op. Hulle verdeel daar hul besittings en kosvoorrade sodat alles nie verlore sou raak indien hulle beroof sou word nie. Die hoeveelhede vis wat hulle vir eie gebruik asook vir pure genot gevang het, is ongelooflik. Op 'n keer druk roofvisse 'n skool makriele in 'n sloep vas en skep hulle die visse met hul hande op die rotse uit. Dan gaan haal hulle handlyne en hoeke wat hulle van die Kaap af saamgebring het. Hulle maai onder die geelbekke in die bek van die sloep totdat hulle hande stukkend is soos die lyne dit sny. Daarna die groot taak om die vis to bewerk. Dit word in repe gesny en gesout met dit wat hulle op die rotse bymekaar skraap. Hulle dra dit toe na die twee grotte waar die vis opgehang word om te droog.

By 'n ander geleentheid stap een van hulle alleen af see toe om galjoen te vang. Hy kry 'n reuse mosselkraker aan die lyn en moet halflyf die water instap om dit teen die terugtrekkende branders uit te sleep. 'n Fris bruin droster wat hom dopgehou het, storm ook die water binne om die vis te roof. 'n Woeste worstelling onstaan tussen die twee en die halfdooie vis spoel van hulle af weg. Eers toe die Hollander 'n spoelklip in die hande kry en die rower daarmee teen die kop gooi, kan hy weer sy vis land toe sleep.
Deesdae se hengelaars en stappers kan maar net sug as hulle dink aan die paradys wat ons stuk kus destyds was ...