%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Hangklip GemeenskapSorgsentrum (Hangklip GSS)
(Reg No 102-000-NPO)

Ons missie is om:

  • Onderlinge sorg en steun aan inwoners in die Hangklip-gebied te bevorder
  • Finansiële steun vanuit die Regering, die sakesektor, godsdienstige organisasies en individue te mobiliseer
  • Voedsame maaltye teen 'n bekostigbare prys aan almal te voorsien met ondersteunde tariewe aan spesiale gevalle
  • Te reël dat basiese gesondheidsbehoeftes aandag kry en hulptoerusting beskikbaar is
  • Die behoeftiges, eensames en geïsoleerdes wat in Rooiels, Pringlebaai en Bettysbaai woon die voordeel van 'n sorgsame, waardige, hongervrye gemeenskapsomgewing te laat geniet.

Tot nou toe bekend as:
Die Hangklip Fynbos Dienssentrum, en is nou by die Departement van Nie-Winsgewende Organisasies geregistreer as 'n onafhanklike geenwins organisasie (No 102-000-NPO)

Ons voorsien nog steeds:

  • Verpleging en verwante hulpmiddels – Bloeddruklesings, chroniese medisyne en 'n verskeidenheid van rystoele,loophulpmiddels, toiletstelle, ens.
  • Voedsame maaltye – aansit-etes op Maandag, Woensdag en Vrydag, ook wegneem-etes, alles teen gesubsidieerde pryse
  • Voedselpakkies wat verskeie soorte kruideniersware,blikkieskos en huishoudelike items bevat vir diegene met spesiale behoeftes.

Toekomstige uitbreiding
Dit hou verband met gemeenskapsaktiwiteite, noodvervoer en huishoudelike dienste.

Vrywilligers

  • Hulle is die ruggraat van die Hangklip GSS.
  • Vrywillige kokke help in die kombuis met die bereiding van etes, gewoonlik eenkeer per maand. Bykomende vrywilligerkokke bly altyd noodsaaklik omdat bestaande kokke se omstandighede dikwels verander.
  • Vrywillige vervoer is nodig wanneer nood dit vereis.

Finansies
Ons begroting beloop tans nagenoeg R10 000 per maand. Dit word befonds deur:

  • Maaltyeverkope teen pryse wat wissel van R9.00 tot R40.00
  • Jaarlikse ledegeld – R82 vir 2014
  • Donasies van individue, kerke en plaaslike ondernemings
  • Fondsinsamelings en straatkollektes
  • Staatsubsidies (Daar is tans 'n hangende aansoek by die Dept. van Sosiale Ontwikkeling)
  • Toewysings deur die plaaslike owerheid

Ons het u ondersteuning nodig:
Om ons in staat te stel om 'n sorgsentrum te bedryf wat die gemeenskap dien, nooi ons u uit om:

  • 'n Volle lid te word
  • Die etestelsel te ondersteun deur wegneemetes te koop of saam met vriende op die perseel te eet
  • 'n Vrywillige werker te word
  • 'n Dienswerker of 'n tuisbesoeker te word
  • U naam op die lys van vrywillige noodvervoerders te plaas
  • Geldelike donasies aan ons te maak.

Vir verdure inligting
Skakel asseblief met:
Hangklip GSS (geleë op die perseel van die Lakeside Chapel, H/v Wheeler-weg en Lakeside-rylaan, Bettysbaai), Bus 592, 7141 Bettysbaai
Telefoonnommers:
Bestuurder - 028-2729-051 (Maandag, Woensdag, Vrydag)
Sekretaris - 028-2729-998
Epos:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

lakeside chapel