%

Please contribute articles. The topics are as wide as your experience. Contact me on [email protected].

t

Lentemark 29 September – 03 Oktober 2017 - Read More

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Hallo Almal,

Aangeheg is ‘n Operasionele Plan, opgestel deur die Overstrand Natuurbewaring afdeling, vir die inwerkingstelling van die eerste fases van die Onderhoud Bestuur Plan vir die duine.

Die Operasionele Plan het ten doel om die werk duidelik aan die Area Bestuurder en die Operasionele Bestuurder (wat die werk moet doen) uiteen te sit. Ons het bietjie gehelp met die plan. Die plan word op die oomblik met die Areabestuurder bespreek en die uitvoering daarvan sal hopelik binnekort begin – moontlik volgende week. Ek verwag nie dat hulle die werk voor die aanvang van die fees seisoen sal kan voltooi nie, maar dit is ‘n begin.

Die werk vir die kus werkspanne sal volgens alle aanduidings op 1 Desember begin werk en sal tot volgende winter ten volle vir Bettiesbaai beskikbaar wees volgens ooreenkoms met Pringlebaai wat hulle weer in die winter nodig het. Wat die koste sal wees en tot watter mate daar van ons ‘n bydrae verwag word (indien enige) is nog nie duidelik nie.

Ek is ongelukkig van more af eers uitstededig en dan oorsee (China) 10 Desember en sal net beperkte epos verbinding he.

Click here to download the DOCX file

Groete,
Gottlieb van der Merwe

Pr Eng Specialty Group Manager - System Engineering


REUTECH Radar Systems
P O Box 686 | Stellenbosch 7599 | South Africa Tel: +27 21 880 1150 | Fax: +27 21 880 1153 Cell: +27 82 8221228 | www.reutech.co.za