%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Oupa Henry Pauw is die eienaar van erf 3460 in Anglers Rd. Sy kinders, die Willems en Pauw gesinne is huis gebruikers. Inbrake het al verskillende kere plaasgevind…vroeër jare duikpakke en duiktoerusting, verkykers, rugsakke en allerhande kleiner goed. Die laaste inbraak het 2 fietse “gekos”. Daar is ook gedurende die laaste maand petrol uit ‘n voertuig gesteel.

Tydens elke inbraak of betreding van die erf deur kwaaddoeners, moes ons van Stellenbosch ry en vensters of skuifdeure laat herstel. Daar is niks meer van groot waarde in ons huis nie, geen duiktoerusting, geen TV, ons neem nie meer skootrekenaars oor naweke nie… maar ons is ook nie meer heel ontspanne in die paradys nie!

Ons het nog nooit iets van die goedere teruggekry wat gesteel is nie!

Groete