%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Wat ‘n wonderlike geleentheid was dit nie. Almal was uitgenooi, van ons Burgemeester tot donateurs, volunteers en sommer net al ons vriende van die skool. Hierdie was ‘n groot geleentheid vir Pikkewyntjiies Kleuterskool. Lank is daar gespaar vir geld wat Gloria en Peter Langer uiteindelik in die hande gekry het van hul oorseese gaste. Hierdie borge het spesifiek gevra dat die geld wat hul borg gebruik sal word vir ons speelarea en groentetuin. A very big thank you to Gloria and Peter and our sponsors.

Dae lank is daar gebak en gebrou en natuurlik was daar nog ‘n goedhartige mens van Pringlebaai wat aangebied het om al ons sout-eetgoedjies te maak en dit alles uit haar eie sak. Baie dankie Serene, ons waardeer dit baie. Ons gaste het gesmul aan al die lekker vingerhappies en daarna het ons Burgemeester die lint geknip na ons speelarea en groentetuin. Die kinders het vir die gaste gesing en almal was in vervoering.

‘n Baie spesiale dank aan ons Burgemeester wat altyd tyd inruim om ons verrigtinge by te woon. Dit word opreg waardeer! U is al deel van ons skool en kindertjies en het al baie diep in ons gemeenskap se harte gekruip.