Pensioners and disabled persons have until 30 November 2020 to submit their applications for a rebate on property rates to Overstrand's Rates and Data Control Office. Read More.

%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Inwoners en besoekers vind dit al moeiliker om op die parkeerterrein by Bettysbaai se hoofstrand stil te hou. Storting van sand uit naburige strate het die parkeerarea oor die afgelope paar maande na minder as die helfte laat krimp en die einde is nog nie in sig nie. Maar hou moed!

’n Munisipale woordvoerder sê die opdrag om sand daar te stort kom van die provinsiale regering se department omgewingsake, maar dié het darem ook ’n langtermyn onderhoudsplan wat glo bepaal dat die sand – waarvoor daar nie eintlik ander plek is nie – uiteindelik in die see gestoot gaan word. Wanneer weet die munisipale woordvoerder nog nie, maar hy meen die hele parkeerarea behoort op dié wyse herwin te word.

Intussen hou gereelde strandgangers duim vas dat dit nog hierdie swemseisoen gaan gebeur.