%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Geagte Burgemeester en gemelde amptenare

Namens die Belastingbetalersvereniging van Bettysbaai (BBBV) wil ek u almal opreg bedank vir die pasaangekondigde tegemoetkoming ten opsigte van bouplangelde wat uit ons vertoë voortgespruit het. Dit is nie alleenlik 'n besondere ruim finansiële bydrae nie, maar getuig ook van empatie met die slagoffers van die vernietigende brande van 11 Januarie 2019.

Ek glo dat u simpatieke optrede die emosionele en finansiële trauma van die slagoffers sal help verlig.

Ons wens u, namens 'n dankbare gemeeenskap, sterkte met u onderskeie verantwoordelikhede toe.

Werner Zybrands
Onder-Voorsitter van die BBBV
083 631 0667
Posbus / PO Box 325 Hermanus 7200