t

The 2019 AGM of the BBRA will be held at 10H00 on Saturday 14 December 2019 in Crassula Hall, Betty's Bay.

%

If you would like to advertise on our site, please contact Adrian for info.

BBRA header image

Boosdoeners het vanoggend net voor sesuur 'n brand op 'n leë erf in Bettysbaai gestig. Net die wakker oë van 'n buurtwagter en die vinnige optrede van Bettysbaai se vrywillige brandweer, CapeNature en die munisipale brandweer het 'n ramp voorkom.
Die brand het langs Kreupelhoutstraat tussen Fourstreams- en Lipkinstrate ontstaan. Met die suidoostewind van agter sou dit 'n hele straatblok bedreig het.
Die buurtwagsameroeper in die Jock se Baai-gebied het dadelik die brandweer, Cape Nature en die naasliggende huise geskakel. Die polisie en ook die spanne wat marine-stropery beveg is ook onmiddellik ingelig, omdat dit bekend is dat die misdadigers die wetstoepassers en publiek se aandag met brande probeer weglei.
Die vinnige en doeltreffende optrede van al die betrokkenes en ook die feit dat die plantegroei op die brandende erf inheems was, nie hoog was nie en dus nie 'n hoë brandlading verteenwoordig het nie, het meegebring dat die brand binne 'n halfuur doodgespuit is.
Dit is blykbaar die soveelste opsetlik gestigte brand in Bettysbaai in die afgelope week. Inwoners moet asseblief hul oë oophou en sorg dat hulle 'n lys met noodnommers byderhand het.
(Brandweer: (028) 312 2400, Polisie: (028) 271 8200, CapeNature: 082 442 8005, Seawatch: 082 994 9300)