Print
Parent Category: Community Security
Category: Neighbourhood Watch
Hits: 1906

Groetnis aan al ons inwoners. Hierdie is ons eerste nuusbrief vir 2016 en ons voorneme is om gereeld met u op die wyse te kommunikeer. Ons het Bettiesbaai in wyke ingedeel met ‘n wykmeester wat verantwoordelik is om sy wyk in kleiner groepe te organiseer. Inwoners kan dan agterdogtige optredes of onveilige toestande rapporteer.

 

Die wyksmeesters is as volg:

Ons het ‘n nood selfoon nommer 072 015 5729 wat 24/7 beman word. Die nommer kan geskakel word indien inwoners en/of hul eiendom bedreig word. Die selfoon roteer tans op ‘n weeklikse basis tussen die wyksmeesters.

Misdaad in ons omgewing het merkbaar verhoog gedurende November, en 37 insidente is aangemeld tot en met 18 November. Dit kan meebring dat ons November mag afsluit met dubbel die gemiddelde aangetekende syfer per maand. Die Sekuriteits maatskappye en Polisie bevestig dat November histories ‘n moeilike maand is, so ook die eerste weke na Nuwejaarsdag. Kriminele verkry hoofsaaklik toegang tot wonings deur skuifdeure, vensters en motorhuisdeure oop te forseer!

Ons reaksie hierop tot dusver was om 11 operasies regdeur Bettiesbaai uit te voer, en daar word veral gekonsentreer op Stoney Point, Rondevlei en die Sentrale area. Gedurende die operasies was verskeie verdagte persone en voertuie geïdentifiseer. Inligting is aan die polisie deurgegee, wat 2 arrestasies en die ondervraging van 3 persone tot gevolg gehad het.

Eiendomsagente en verhuringsagente is genader en versoek om besoekers aan Bettiesbaai bewus te maak van die misdaad situasie, met riglyne hoe om diefstal te voorkom.

BBBW het Pringle Baai bystand en ondersteuning aangebied om hul eie buurtwag op die been te bring, en hul lede op te lei gedurende die uitvoering van operasies in Bettiesbaai. Hierdie was ‘n goeie inisiatief, veral omrede ons deur saam te werk ‘n groter impak kan maak op die voorkoming van misdaad in die groter area.

Reaksie op ons versoek vir donasies was redelik suksesvol en R28310 is reeds ontvang. Skenkers is per e-pos bedank vir hul bydraes, julle ondersteuning word opreg waardeer. Ons begroting tot Oktober 2017 bedra R183500 en ons wil inwoners aanmoedig om die buurtwag inisiatief te ondersteun deur ‘n donasie te maak.

Ons bankbesonderhede is as volg:

Bo aan ons lys is nag visie toerusting en ons is in die proses om kwotasies te bekom.

Beste groete,

Bettiesbaai Buurtwag

20/11/2016