Greeting to you all/Groete aan u almal.
During July there has been a reduction in the number of burglaries reported to SAPS…
Gedurende Julie was daar ‘n afname in die aantal inbrake wat aan SAPS gerapporteer is…
(Afrikaans onder)
During July there has been a reduction in the number of burglaries reported to SAPS. There however was a concentration of incidents in Jocks Bay and Stony Point. The SAPS have reported that they arrested one of the main culprits involved in burglaries in our town and the trends for the first week in August shows a further reduction.
During the past month we continued with patrols and found ourselves confronting poachers and required the assistance of SAPS, DAFF and Cape Nature. One of our patrol team had a narrow escape when a large truck suddenly turned into Disa road and nearly collided with them while they were stationary on the corner.
We continue to observe tell-tale signs that residents provide to would be burglars that there is no one at home. These include:
- Leaving household rubbish on the street on non-collection day. Residents are urged to take rubbish to the drop off point at the municipal offices.
- Having alarm systems lights flashing for extended periods. Residents are urged to check their alarms regularly to avoid false alarms when they are away. Take responsibility for your alarm systems and demand a good service from your security company.
We need to acknowledge that Jorika Rabie has resigned from her position of Operational Coordinator and thank her for her contribution. The position will be filled at our next AGM and in the interim Rudi Perold will assist with these duties.
The following paragraphs were provided by one of our Wardens:
"A big thanks to Koot and Jenny of Bettys Bay who helped identify a suspect by their actions and also to Paul who saw the same suspect the next morning.
On the 2nd Aug a man appeared at the home in Cove Str Bettys Bay and the owner Koot Bierman took a photo of him on his balcony. He said that he was looking for food just after 20h00. The photo was sent out on whatsapp.
Paul Pais saw him in a driveway in Dolphin Rd the next morning and he turned around and left quickly. Paul recognised the clothing and looked at the photo he had received and saw it was the same person. BBNHW was contacted and soon found him on the corner of Dolphin and Oyster Str. The man said he had never been in BB before and was just looking for food. He was then shown a photo of himself and then forgot he was in BB the night before. SAPS, Cape Nature and DAFF were called. DAFF looked through his back pack and found a wet suit, perlemoen bag, big screw driver and a hand-made steel tool. Paul immediately recognised the marking on the tools and sizes then compared it with photos he took of a break in on Sea view Drive on the 1st Aug at about 19h00. He was taken to police station by Cape Nature as SAPS were attending to issues elsewhere. He was released as there was not enough evidence to detain him."
This is a good example of how we can assist in reducing crime in our area. If you report anything, please give as much info as possible, e.g info about the person, clothing and colours, if a vehicle the colour and make, registration number, time and place. The more quality info provided will improve our chances of finding a suspect. Please send info asap and don’t wait for hours to pass before you report it. We will have more positive results with reporting like this.
I need to thank all of our people who worked during the past months in the operations we conducted. Those working during our operations are giving of their time and use their own vehicles with no compensation; your dedication is much appreciated. In addition all those who have made donations are thanked for their generosity.
Any persons willing to help us are asked to send their details including names, telephone numbers and address to our e-mail This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Donations towards funding the camera system and our operating costs will be greatly appreciated.
Our banking details are always on the top of the category (here).
Residents should carefully consider the merits of a message on our whattsapp groups, especially in the middle of the night. Rather than wake up 250 people please consider phoning our 24/7 emergency phone 072 0155729 if there is an emergency.
Wishing you all a safe month.
Gedurende Julie was daar ‘n afname in die aantal inbrake wat aan SAPS gerapporteer is. Daar was egter ‘n konsentrasie van insidente in Jocks baai en Stony Point. SAPS het aangedui dat hulle van die berugste oortreders in inbrake in ons dorp gearresteer het. Die gevolg hiervan was dan ook ‘n afname van insidente gedurende die eerste week van Augustus.
Gedurende die afgelope maand het ons voortgegaan om patrolliewerk te doen en is ons gekonfronteer deur stropers en moes ons die hulp van SAPS, DAF en Cape Nature versoek het. Een van ons patrolliespanne het ‘n noue ontkoming met ‘n groot vragmotor gehad wat skielik in Disa straat ingedraai het en amper met die span, wat geparkeer was, gebots het.
Ons neem steeds waar hoe inwoners maklike tekens aan voornemende inbrekers laat dat hulle nie tuis is nie. Dit sluit bv. die volgende in:
- Huishoudelike vullis sakke word op straat gelos op dae waarop verwyderings nie gedoen word nie. Inwoners word dringend versoek om vullis by die aflaaipunte by die munisipale kantore af te laai.
- Alarmligte flits vir aansienlike tye. Inwoners word versoek om hulle alarmsisteme gereeld na te gaan om sodoende vals alarms te vermy wanneer hulle nie tuis is nie. Neem verantwoordelikheid van u stelsel en eis ‘n goeie diens van u sekuriteitsmaatskappy.
Ons het kennis geneem dat Jorika Rabie bedank het as Operasionele Koördineerder en wil haar graag bedank vir die bydrae wat sy gelewer het. Die posisie sal tydens ons volgende AJV gevul word. In die tussentyd sal Rudi Perold help met die pligte.
Die volgende paragrawe is deur een van ons Bewaarders opgestel:
"Baie dankie aan Koot en Jenny van Bettysbaai wat gehelp het om ‘n verdagte te identifiseer en ook aan Paul wat dieselfde verdagte die volgende oggend gesien het.
Op die 2de Augustus het ‘n man by ‘n huis in Cove straat opgedaag en die eienaar, Koot Bierman, het ‘n foto van hom geneem vanaf sy balkon. Die man het gesê hy soek kos – net na 20:00. Die foto is op WhatsApp geplaas.
Paul Pais het hom die volgende oggend in ‘n oprit in Dolphin straat gesien. Hy het vining omgedraai en verdwyn. Paul het die klere herken en vergelyk met die foto wat hy ontvang het en gesien dat dit dieselfde persoon is wat Koot gesien het. Die BBNW is gekontak en die persoon is op die hoek van Dolphin en Oyster strate gekonfronteer. Die man het aangedui dat hy nog nooit in Bettysbaai was nie en hy was slegs op soek na kos. Die foto is toe aan hom gewys en toe verander hy sy storie deur te sê dat hy vergeet het hy was die vorige aand in Bettysbaai. SAPS, Cape Nature en DAFF is toe ontbied. DAFF het die man se rugsak ondersoek en ‘n duikpak, perlemoensak , ‘n groot skroewedraaier en ‘n stuk handgemaakte staal gereedskap ontdek. Paul het die merke op die gereedskap herken en vergelyk met fotos wat hy by ‘n inbraak op I Augustus in Sea View geneem het . Cape Nature het toe die man weggeneem na die Polisiestasie aangesien SAPS met ‘n ander saak besig was. Hy is egter vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse teen hom was nie."
Dit is ‘n baie goeie voorbeeld van hoe ons mekaar kan ondersteun in die voorkoming van misdaad in ons area. Indien u dus enigiets rapporteer, gee asb. soveel moontlike inligting deur, bv. Inligting oor die persoon, klere en kleure, ingeval van ‘n voertuig, die kleur en maak, registrasie nr. tyd en plek. Hoe akkurater die inligting hoe groter is ons kanse om ‘n skuldige op te spoor. Stuur asb. sulke inligting sonder versuim deur. Ons sal meer positiewe resultate kry met sulke rapportering.
Ek wil graag almal bedank wat gedurende die laaste paar maande in operasies deelgeneem het. Die lede wat deelneem aan operasies offer hulle tyd en die gebruik van hulle voertuie op sonder vergoeding. U toegewydheid word opreg waardeer. Aan almal wat donasies gemaak het, baie dankie vir u vrygewigheid.
Ons versoek enige persoon wat bereid is om deel te word van die Operasionele Groep om asb. u besonderhede aan ons deur te gee ( name, telefoon nrs, adresse) per e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Donasies vir die kameraprojek en operasionele kostes sal waardeer word. On bankbesonderhede is altyd bo op die kategorie bladsy (hier).
Inwoners moet die meriete van ‘n boodskap op die whattsapp groepe in die middle van die nag versigtig oorweeg. In stede van om plus minus 250 mense wakker te maak, oorweeg dit om die 24/7 noodlyn te skakel 072 015 5729, indien daar ‘n noodgeval is.
‘n Veilige maand word julle toegewens,
Buurtwag Groete